WES-KAAP. – ‘n Man het Donderdag by ‘n venster van die Seppie Greeff-gebou in Oudtshoorn uitgeval.
Arrive Alive sê volgens omstanders het die man glo by die venster uitgehang, toe hy sy greep verloor en geval het.
Nooddienste het die man behandel, maar die aard van sy beserings is onbekend.
Bron: Arrive Alive





