AMANZIMTOTI.– Werner de Jager (43), man van die vermoorde dominee, Liezel de Jager, wat ’n paar dae gelede vermis geraak het, is gevind.
Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het bevestig De Jager is in ’n suikerrietplantasie buite Amanzimtoti gevind.
De Jager is Sondag as vermis aangemeld. Hy is Saterdag laas deur familie gesien.
’n Noodboodskap wat vra om na de Jager te soek en vir die familie te bid, is op die kerk se WhatsApp-groep uitgestuur.
Liezel se liggaam is op 13 Oktober by haar pastorie in Amanzimtoti in die tuin gevind. Werner het op haar liggaam afgekom.
LEES OOK: Dominee se man glo weer vermis





