Man vasgetrek wat glo polisie probeer omkoop

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (38) wat glo Dinsdag probeer het om polisielede by die Maseru-grenspos tydens ‘n stop-en-deursoekings-operasie om te koop, is in hegtenis geneem. Hy het na bewering ‘n groot bedrag onverklaarde geld in sy besit gehad en is in hegtenis geneem.

Sers. Mahlomola Kareli sê die verdagte is met ‘n groot sak met ‘n groot som banknote voorgekeer. Hy kon nie ‘n verduideliking vir die geld gee nie en is op die vermoede van die besit van gesteelde geld in hegtenis geneem.

Die man het na bewering probeer om die arresterende beampte met ‘n bedrag van R50 000 om te koop sodat hy nie in hegtenis geneem moet word nie.

Buiten die besit van vermoedelik gesteelde geld is ‘n klag van omkopery teen die verdagte bygevoeg.

“We commend the team for being this vigilant and not allowing to be corrupted by the suspect,” sê genl.maj. Len Singh, die waarnemende provinsiale kommissaris.

Die vedagte sal binnekort in die Ladybrand-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief