Brekende Nuus
Afrikaans

Man verdrink in Kariega-rivier

Foto: Ter illustrasie
Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – ’n 21-jarige man is dood nadat hy Sondag in die Kariega-rivier by Kenton-on-Sea onder die water verdwyn het terwyl hy saam met vriende geswem het.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens Gerrit Cloete, die Port-Alfred-stasiebevelvoerder, is die satellietreddingstasie in Kenton-on-Sea kort voor 14:00 geaktiveer. Volgens ooggetuies was iemand besig om te verdrink. Verskeie rolspelers is vir die reddingsoperasie geaktiveer.

Met aankoms is die Spirit of Kenton te water gelaat en ’n oppervlakte-soektog begin. NSRI-reddingswemmers en polisieduikers het onder die water na die liggaam gesoek. Die liggaam is onder die water opgespoor en met die reddingstuig na die oewer vervoer waar paramedici die man dood verklaar het.

‘n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen.