Man verloor deel van vinger na ‘mak’ hiëna hom byt

Lees ook :

Man verloor deel van vinger na mak hiëna hom byt. Foto: Middelburg Observer

MIDDELBURG, MPUMALANGA. – Deon Cornelius, die eienaar van uBhetyan-o-Africa Lodge, het Maandag ’n gedeelte van sy een vinger verloor nadat ’n mak hiëna hom aan die hand gebyt het.

Volgens Cornelius was hy besig om ’n elektriese heining op die plaas reg te maak. Die mak hiëna genaamd Ed, het glo teen hom geskuur.

Hy het die hiëna weggestoot, maar is toe gebyt. Hy het Ed se kake van sy hand afgekry en is dadelik hospitaal toe.

’n Gedeelte van sy vinger moes geamputeer word en die wonde is in die teater skoongemaak. Nog ’n vinger het erge skade opgedoen en die moontlikheid van amputasie bestaan indien die behandeling nie suksesvol is nie.

Cornelius is uit die hospitaal ontslaan, maar sal opvolgbehandeling vir infeksie moet ontvang.

Bronne: Laevelder, Caxton

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief