Man vir ouma se moord en lykskending gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Ayanda Fulela (29) is vir die moord in Desember 2024 op sy ouma (72) en lykskending tot lewenslange tronkstraf en addisioneel 10 jaar deur die Greytown-streekhof gevonnis.

Konst. Siyabonga Nkwanyana sê die moord is op die betrokke datum in Nseleni, in die Kranskop-polisiëringsgebied, gepleeg. Die ouma is op 2 Januarie 2025, nadat sy reeds vir twee dae weg was, as vermis aangemeld.

Speur.sers. Thobelani Khoza van Kranskop-speurtak het ‘n ondersoek geloods. Navrae het die speurders na die klaer se huis gelei, waar die bewyse na die kleinseun as die verdagte gewys het. Met ondervraging het die kleinseun beken hy het ‘n argument met sy ouma gehad en hy het haar met ‘n skerp voorwerp gesteek, waarna hy haar liggaam aan die brand gesteek het.

Nkwanyana sê Fulela is op 4 Maart aan die misdade skuldig bevind. Fulela is Vrydag vir moord en lykskending gevonnis en is verder onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief