Man wat kleuter ‘teen muur vasgooi’ gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (50) is vir die beweerde aanranding van ‘n meisie (2), wat teen ‘n muur vasgegooi is, in die Glen-gebied deur die plaaslike polisie gearresteer.

Sers. Mahlomola Kareli sê die kind se ma (29) het haar twee kinders op 29 Maart net na middernag in haar kêrel se sorg gelaat. Sy is vinnig uit om ‘n selfoon van bure te leen om haar banktoep te gebruik. Met haar terugkoms het ‘n argument glo uitgebreek, waartydens die vrou van interaksie met ‘n ongespesifiseerde man beskuldig is. Sy is na bewering aangerand, waarna die verdagte beveel het die kinders moet die huis verlaat. Die 2-jarige het geweier, waarna sy glo deur die verdagte teen ‘n muur vasgegooi is. Die kind het enstige beserings opgedoen. Haar gesig aan die linkerkant en haar lippe het opgeswel en haar neus het gebloei. Die vrou het uit vrees met die kleuter na haar ma se huis gevlug.

Kareli sê Glen-polisie het ‘n saak van aanranding oopgemaak, waarna die verdagte gearresteer is. Hy het Maandag in die Bloemfontein-landdroshof voorgekom, waartydens die saak tot 8 April uitgestel is. Die verdagte bly in aanhouding.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief