Man wat sy ma verkrag 20 jaar tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Andries Mohwase (31) is vir die verkragting van sy ma (60) in hulle huis in Stinkwater deur die Moretele-streekshof tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

Henry Mamothame, NVG se streekshof-woordvoerder, sê Mohwase het op 17 Julie 2021 sy ma, wat in die kombuis gekook het, na ‘n slaapkamer gesleep en haar verkrag. Sy kon ontsnap en het vir haar jonger suster van die verkragting vertel, waarna ‘n saak by die polisie gemaak is.

Mohwase is op 18 Julie 2021 in hegtenis geneem en deur die hof borg geweier. Hy het skuldig gepleit op die klag van verkragting. Ter verswaring is aangevoer die ernstige misdaad het die slagoffer, familie en gemeenskap geskok. Landdros Gilbert Sono het saam met die staat gestem.

Mohwase is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App