Man wat sy vrou verkrag gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Godrey Olivier (41) is vir verkragting van sy eie vrou (45) in die teenwoordigheid van hul seun (10) op 3 April 2021 skuldig bevind. Olivier is tot vyftien jaar direkte tronkstraf in die Bloemfontein-landdroshof gevonnis.

Volgens lt.kol. Thabo Covane was ‘n verkragtingsaak by Kopanong-polisiestasie geregistreer en Olivier is binne dae in hegtenis geneem, waarna hy op borg vrygelaat was. Toe hy nie vir die volgende hofdatum opdaag nie is ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik.

Die klaagster wou die saak terugtrek, maar die staat het geweier om die saak terug te trek omdat dit huishoudelike geweld-verwant was.

Olivier is Maandag gevonnis en is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief