SUID-AFRIKA – Die sentrale universiteit vir tegnologie (SUT) in die Vrystaat, saam met twee privaat entiteite het ’n entrepreneur-matrikulant van die jaar-kompetisie van stapel gestuur om entrepreneurskap onder graad 12-leerders te bevorder.
Volgens Express News sal inskrywings oop wees vir alle matrikulante in die sentrale streek van Suid-Afrika, wat die Vrystaat, Noord-Kaap en Noord-Wes insluit.
Die kompetisie wil graad 12-leerlinge inspireer om entrepreneurskap te oorweeg. Dit word as die sleutel beskou om Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer van 58,84% by die jeug te bekamp en hul sakevaardighede te verbeter.
Hoe werk dit?
Skole hou interne kompetisies en kies dan hul belowendste sakebeskrywings vir die provinsiale kompetisie.
Uit die voorleggings sal ’n paneel beoordelaars die top vyf inskrywings kies en pryse aan hulle toeken.
Elke ontvanger van ’n toekenning sal die geleentheid kry om die VALU-E-speletjie van SUT te speel, wat hulle sal bloodstel aan die vaardighede vir die oprigting en bestuur van ’n werklike onderneming. Deelnemers gaan genoeg tyd gegun word om ’n egte sakeplan te ontwerp.
Die kompetisie sluit in Augustus. Sien SUT se webblad vir meer inligting.