Meer as 30 gevangenes dood gevind in tronk in Ecuador

Lees ook :

Verskeie gevangenes dood gevind in tronk in Ecuador fotokrediet: Canva

ECUADOR. – Altesaam 31 gevangenes, insluitend 27 gevangenes wat gehang is, is Sondag dood gevind in die El Oro-tronk in Machala.

Lees ook: Ontploffing by historiese fort in Delhi eis 8

Owerhede het gesê daar was gevegte tussen bendes in die tronk. Vier mense is dood en 36 is beseer toe Sao-Box die kriminele groep, Los Lobas, aangeval het.

Los Lobos het later die dag Sao-Box uit weerwraak aangeval en 27 van die Sao-Box-lede in hulle gedeelde selle gehang.

Volgens die Ecuador-tronkdiens het die eerste aanval Sondag plaasgevind oor planne om van die gevangenes na ‘n nuwe tronk te skuif.

Die tronkdiens-woordvoerder het gesê die gevangens het chaos veroorsaak om owerhede te keer dat hulle na die nuwe tronk geskuif word.

Bronne: BBC, DW, CNN

Lees ook: Ontploffing by historiese fort in Delhi eis 8

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief