DELHI, INDIЁ. – Agt mense is gisteraand dood nadat ‘n voertuig naby Delhi se Red Fort, een van die gewildste historiese plekke in die hoofstad, ontplof het. Altesaam 20 mense is in die ontploffing beseer en na hospitale geneem. Die 17de eeuse fort word daagliks deur duisende toeriste besoek.
Lees ook: Geel vlak 4-waarskuwing vir KZN vir donderstorms uitgereik
Volgens die polisie het ‘n Hyundai i20 by ‘n rooi verkeerslig stilgehou en ontplof. Ene Salman, die geregistreerde eienaar van die voertuig, is vir ondervraging in hegtenis geneem.
Die voertuig is al verskeie kere verkoop, waarvoor vals dokumente glo gebruik is. Die polisie is nog op soek na die oorspronklike eienaar en ondersoek die saak.
Bronne: BBC, The Independent, India Today
Lees ook: Geel vlak 4-waarskuwing vir KZN vir donderstorms uitgereik





