MALI. – Meer as 40 mense, meestal vrouens, is dood na ’n onwettige goudmyn Saterdag in Mali ineengestort het.
Lees ook: KYK: Walvis ‘sluk’ kajakvaarder in en spoeg hom weer uit
Die mense het by ‘n oop put ingeklim wat agtergelaat is deur delwers wat glo vir ’n Chinese maatskappy goud gesoek het, toe die myn ineenstort.
Volgens The Independent is sowat 48 mense in die proses dood. Van die liggame word steeds gesoek.
Bronne: BBC, ABC News, The Independent
Lees ook: KYK: Walvis ‘sluk’ kajakvaarder in en spoeg hom weer uit





