Meer as miljoen dokters staak in Indië na verkragting en moord in hospitaal

Lees ook :

Meer as ‘n miljoen dokters staak in Indië na moord en verkragting in hospitaal
Meer as ‘n miljoen dokters staak in Indië na moord en verkragting in hospitaal fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Nie-noodsaaklike mediese dienste in Indië gesluit na moord op dokter

INDIЁ. – Meer as ‘n miljoen dokters en mediese werkers het die naweek gestaak uit protes teen die verkragting van en moord op ‘n dokter in ‘n hospitaal.

Nie-noodsaaklike mediese dienste was vir 24 uur gesluit terwyl dokters en mediese werkers betoog het vir beter veiligheid in hospitale en vir geregtigheid vir die dokter wat deur ‘n vrywilliger in die hospitaal doodgemaak is.

Die dokter se halfnaakte, bebloede liggaam is op 9 Augustus in die hospitaal se seminaarlokaal gevind. ‘n Nadoodse ondersoek het bevind sy is verkrag. ‘n Vrywilliger by die hospitaal is in hegtenis geneem en het ‘n bekentenis gemaak. Die oorledene se familie is oortuig meer mense was betrokke en dat dit ‘n bendeverkragting was.

Bronne: Sydney Morning Herald, ABC News, New York Times

Lees ook: Nie-noodsaaklike mediese dienste in Indië gesluit na moord op dokter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief