Lees ook: ‘Juffrou’ in hegtenis wat onderwysdepartement glo uit meer as R1 m. bedrieg
COLORADO, VSA. – ‘n Meisie (5) is na ‘n fratsongeluk oorlede toe sy verstrengel geraak het in ‘n swaai-en-glyplank-stel in die tuin van haar ouerhuis en gewurg het.
Aurora Masters is verlede Saterdag oorlede weens ‘n breinbesering na sy in haar swaai vasgevang geraak het en gewurg het.
Haar tannie het gesê Aurora het haar glyplank na haar swaai gesleep en is toe op ‘n manier in die swaai vasgevang.
Sy is na ‘n hospitaal gehaas, maar die swelling op haar brein was te erg en haar familie het besluit om die lewensondersteunende masjiene te laat afskakel.
Bronne: The Independent, People, The Mirror
Lees ook: ‘Juffrou’ in hegtenis wat onderwysdepartement glo uit meer as R1 m. bedrieg





