Mej. Denemarke die mooiste in die heelal

Lees ook :

Foto's: Mej. Heelal

INTERNASIONAAL. – Victoria Kjaer, Mej. Denemarke, is Saterdagaand in Mexico as die heelal se mooiste gekroon en spog nou met die gesogte titel van Mej. Heelal.

Mia le Roux, Mej. Suid-Afrika, het weens gesondheidsredes aan die kompetisie onttrek. Daarna het SABC aangekondig die kompetisie sal nie meer deur hulle uitgesaai word nie.

Chidimma Adetshina, Mej. Nigerië, dra die Mej. Heelal-opvolgerkroon. Adetshina het aanvanklik aan Mej. SA deelgeneem, maar moes weens omstrede beweringe van ID-bedrog aan die kompetisie onttrek.

Maria Fernanda Betral, Mej. Mexico, het derde geëindig, gevolg deur Mej. Thailand en Mej. Venezuela.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief