Lees ook: Oos-Kaap kan vandag erge reën verwag
Volgens EWN is drie mense in verskillende areas in die onlangse storm in die Oos-Kaap oorlede. Al drie persone se dood word ondersoek.
Die identiteit van die oorledenes is nog nie bekend nie. Een van die oorledenes is dood na hy/sy geskok het terwyl hy/sy van die oorstromings probeer vlug het.
Verskeie mense is beseer en talle geboue en paaie is beskadig in die storm wat Maandagaand in die gebied uitgebreek het.
Meer as 3 000 mense is ontruim na 19 skuilings.
Bronne: EWN, SABC, Briefly
Lees ook: 319 leerlinge in Oos-Kaap en KZN se RTT-eksamen weens reën uitgestel





