GAUTENG. – Altesaam 33 persone, vermoedelik slagoffers van mensehandel, is Sondagaand gevind waar hulle in ‘n kamer in ‘n huis in Springfield Park, Benoni weggesteek was.
Volgens Gautengse polisie was speurders van KwaZulu-Natal op soek na ‘n verdagte wat na bewering laasweek in ‘n ontvoering van ‘n buitelander betrokke was. Die ondersoek het die polisie na die huis gelei. Verskeie polisie-eenhede het die huis takties betree. Al die slagoffers is gevind en ‘n verdagte is in hegtenis geneem.
Die ouderdomme van die slagoffers moet nog vasgestel word.
Na verwagting sal die verdagte binnekort in die hof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





