Menslike mediese apparaat red spanjoel se sig

Lees ook :

PRETORIA, GAUTENG. – Twee weke gelede is daar geskiedenis gemaak toe Bella, ’n twaalfjarige spanjoel, die vierde dier ter wêreld geword het om ’n menslike mediese apparaat te ontvang om haar sig te red.

Bella het haar linkeroog weens gloukoom verloor. Die siekte word veroorsaak deur opbouende druk wat oogsenuwees beskadig en tot blindheid lei.

Nadat Bella se linkeroog verwyder is, het sy mediese behandeling vir haar toestand ontvang. Dit was egter onsuksesvol en sy het simptome in haar regteroog begin toon.

Dr. Lo-An Odayar van die Valley Farm-dierehospitaal het aanbeveel dat ’n Paul Glaucoma-inplanting gedoen word. Die inplanting is oorspronklik vir die behandeling van die siekte by mense ontwikkel.

Bella is die eerste nie-menslike ontvanger van die inplanting in Afrika en die vierde ter wêreld.

Die hospitaal het in ’n verklaring gesê die operasie was suksesvol, aangesien die inplanting die vog wat die druk in haar oog verhoog het, absorbeer. Bella is tuis en sterk goed aan.

Die hospitaal het die volgende foto’s gedeel:

Bronne: Valley Farm Animal Hospital, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief