GAUTENG. – Die Highveld Horse Care Unit (HHCU) doen ’n beroep op die publiek om te help soek na ’n merrie wat Saterdagoggend in Vanderbijlpark gesteel is. Die merrie se jong vul is agtergelaat en die organisasie sê dit is dringend dat die perd opgespoor word.
Volgens HHCU bestaan die vermoede dat die merrie moontlik na Bophelong of omliggende informele nedersettings geneem is. Die organisasie vra inwoners in dié gebiede om op die uitkyk te wees en enige inligting wat kan help om die merrie op te spoor, onmiddellik aan te meld.
Enigiemand met inligting kan HHCU by 082 921 1644 of Tamarin by 082 613 5368 bel.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: