Meta werk aan nuwe manier om tieners te beskerm

Lees ook :

Meta werk aan nuwe manier om tieners te beskerm
Meta werk aan nuwe manier om tieners te beskerm fotokrediet: Canva

Lees ook: Taylor Swift se naam geblok op X-soekopsie na KI-drama met kaalfoto’s

Meta het aangekondig dit sal later vanjaar ’n nuwe veiligheidsmaatreël loods om tieners te verhoed om kaalfoto’s te ontvang en te stuur.

Die funksiet sal waarskynlik opsioneel wees en volwassenes sal dit ook op Instagram en Facebook kan gebruik. Die nuwe maatreëls volg na die regering en polisie Meta gekritiseer het na hulle boodskappe op Messenger outomaties begin enkripteer het.

Hulle het gesê dit maak dit moeilik vir Meta om kindermishandeling op te tel.

Meta het gesê die nuwe maatreëls is om gebruikers, veral vrouens en tieners, te beskerm. Minderjariges sal ook nie boodskappe outomaties van vreemdelinge op Messenger of Instagram ontvang nie.

Hofdokumente in ’n saak teen Meta het gewys 100 000 tieners wat Facebook en Instagram gebruik word elke dag aanlyn seksueel geteister.

Bronne: BBC, The News International, The Guardian

Lees ook: Taylor Swift se naam geblok op X-soekopsie na KI-drama met kaalfoto’s

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief