Minibus met buitelanders rol op N1 onderweg na Mosambiek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – ’n Minibus met buitelandse passasiers het vanoggend op die N1 tussen Hanover en Colesberg omgeslaan nadat ’n sleepwa glo meganiese probleme ontwikkel het.

Volgens polisiewoordvoerder, brig. Mashay Gamieldien, was die voertuig met insittendes van Kaapstad na Mosambiek onderweg toe dit sowat 19 km van Hanover af gerol het. 20 mense was in die voertuig – 14 volwassenes en ses kinders tussen vyf en sewe jaar oud.

Drie passasiers het ligte beserings opgedoen en is op die toneel deur nooddienste behandel. Volgens die polisie is geen sterftes aangemeld nie. Sommige passasiers het reisdokumente gehad, terwyl ander nie oor die nodige dokumentasie beskik het nie.

Die saak is na immigrasie-owerhede verwys, terwyl maatskaplike dienste ook ingespan is om die betrokke kinders by te staan. Alle rolspelers bly op die toneel om hulp te verleen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief