Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, het meer inligting gegee aangaande sy plan om ontslae te raak van die groen ID-boekie.
Lees ook: Binnelandse sake van plan om groen ID-boekies ongeldig te maak
Hy het gesê dit is tyd om aan te beweeg van die groen ID in boekievorm omdat dit tot bedrog kan lei.
Die departement van binnelandse sake het ’n tydlyn aangekondig om ontslae te raak van die ID-boekie en slim ID’s aan burgers uit te reik.
Dit is tydlyn is om ’n nuwe lewendige vasleggingstelsel (live capture) by binnelandsesake-departemente te laat installeer, om die nuwe stelsel by meer as 100 banke teen Maart 2026 te installeer en by 1 000 banke teen Maart 2028. Die departement wil teen die einde van die jaar ophou om groen ID-boekies uit te reik sodat daar teen 2029 geen van dié ID’s meer in omloop sal wees nie.
Bronne: BusinessTech, eNCA, Current Affairs ZA
Lees ook: Binnelandse sake van plan om groen ID-boekies ongeldig te maak





