Minister van kuns en kultuur oorweeg regstappe teen DA oor vlag-advertensie

Lees ook :

Minister van kuns en kultuur oorweeg regstappe teen DA oor vlag-advertensie
Minister van kuns en kultuur oorweeg regstappe teen DA oor vlag-advertensie fotokrediet: Wiki South Africa

Lees ook: ‘If you love South Africa and our beautiful flag, unite to #RescueSA on 29 May, and vote DA’

Die minister van kuns, kultuur en sport, Zizi Kodwa, oorweeg regstappe teen die DA na hulle advertensie waarin die land se vlag brand en aan die einde weer herstel word.

Kodwa het die waarnemende direkteur-generaal, adviseurs, en die regseenheid van die departement kuns en kultuur gevra vir advies oor die regstappe wat hy kan neem wanneer nasionale simbole “ontheilig” word.

Hy het die DA se advertensie sterk veroordeel en het gesê die ontheiliging van nasionale simbole moenie deel wees van verkiesingsveldtogte nie. Kodwa het ook gesê dit moenie geduld word nie en stappe moet geneem word om te verseker daar is gevolge vir sulke aksies. Hy het ook die OVK gevra om die byvoeging van ‘n verbod op die verbranding of ontheiliging van nasionale simbole in die gedragskode van politieke partye te oorweeg.

Talle politieke figure en sosialemediagebruikers het die DA oor die advertensie gekritiseer. President Ramaphosa het dit as “veragtelik en verraderlik” beskryf.

Die DA het gesê die advertensie moet simbolies beskou word.

Bronne: IOL, ECR, Politics Web

Lees ook: ANC en DA bots oor ‘vlagbrand’-advertensie