Misdadiger wat gereeld ontsnap terwyl hy lewensvonnis uitdien weer vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Muyambo Zacharia Thabo, oftewel Thomas Chauke (53), en Simon Mlambo (37) het Maandag op aanklag van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die Modimolle-landdroshof verskyn.

Kol. Malesela Ledwaba sê die eenheid vir bedreigde spesies het op 14 Maart 2024 inligting van ‘n wit VW Tiguan naby Rhino Farms in Naboomspruit ontvang. Die voertuig is omstreeks 09:00 op die R101 voorgekeer en deursoek. ‘n Jaggeweer en 10 rondtes ammunisie is in die voertuig weggesteek gevind. Die verdagtes is vir die onwettige besit daarvan in hegtenis geneem.

Thabo, wat vir die soveelste keer in hegtenis geneem is, was ‘n gesoekte misdadiger wat op 9 Desember 2020 uit Kgosi Mampuru-tronk ontsnap het waar hy besig was om ‘n lewensvonnis vir onder meer verkragting, ontvoering en roof uit te dien. Hy is in 2021 in Noordwes vir betrokkenheid by renosterstropery in hegtenis geneem, maar het weereens ontsnap toe hy na die hof vervoer is. In 2023 is hy weer in Melmoth in KwaZulu-Natal op ‘n aanklag van die ongelisensieerde besit van ‘n vuurwapen in hegtenis geneem, net om weer tydens sy hofverskyning te ontsnap. Hy sal binnekort op verskeie aanklagte in verskillende howe verskyn. Die ondersoek duur voort.

Lt.genl. Thembi Hadebe het haar tevredenheid met Thabo se inhegtenisneming uitgespreek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief