Polisieminister sê oor vermeende verbintenis met Matlala en Mogotsi

Lees ook :

Foto: Senzo Mchunu Facebook

GAUTENG. – Senzo Mchunu, die polisieminister, het kort gelede gereageer op onlangse bewerings wat deur lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale kommissaris van KZN, rakende sy vermeende verbintenis met Matlala en Mogotsi gemaak is.

Kamogelo Mogotsi, woordvoerder vir die minister, sê luidens ‘n verklaring op sosiale media die minister ag dit nodig om sekere beweringe op te klaar met inagneming van die president se oproep tot kalmte.

Volgens die minister het hy nog nooit vir mnr. Matlala ontmoet nie, het nog nooit met hom gesels nie en het nog nooit iets van hom versoek of ontvang nie. Die minister het wel hersiening van die SAPD-tender wat aan mnr. Matlala toegeken is, begin toe vermoedens van moontlike wanpraktyke na vore gekom het. Dieselfde tender is sedertdien beëindig.

Alhoewel die minister vir Brown Mogotsi ken en al ontmoet het, is hy bloot ’n kameraad en nie ’n medewerker van die minister nie. Mchunu het nog nooit iets van hom versoek of ontvang nie.

Lees meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief