Moord by HS Overberg – verdagte se vorige aanklagte ná psigiatriese evaluering teruggetrek

Lees ook :

Foto: Facebook

Lees ook hier.

WES-KAAP. – Deveney Nel (16) se moord het nog skaars by haar familie, vriende en skool ingesink toe ‘n tweede skok oor die beweerde verdagte se verlede aan die lig gekom het.

Lt.kol. Malcolm Pojie sê ‘n voorval waarna die verdagte (toe 13 jaar oud), wat tans in ‘n plek van veiligheid is, ook van die verkragting van ‘n minderjarige beskuldig is, het in die Saxon- informele nedersetting op Albertinia gebeur.

“Op 31 Desember 2020 tussen 19:30 en 20:00 is ’n verkragtingsaak deur die Mosselbaai-GKS geopen en ondersoek.”

Pojie sê beide die slagoffer en verdagte was tydens die insident minderjarig. Die verdagte het in die hof verskyn en is vir psigiatriese assessering gestuur, waarna die saak teen hom daarna teruggetrek is.

“Die saakdossier is op 26 Junie 2023 van die hof terugontvang.”

“Neem kennis dat die name van die betrokkenes nie bekend gemaak sal word nie, aangesien hulle minderjarig is en as gevolg van wetgewing word ons verbied om hul persoonlike besonderhede bekend te maak.”

Nuusflits het NVG-kommentaar gevra.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Die saak waarin ‘n minderjarige verdagte (17) vandag in die Caledon-landdroshof verskyn het vir die moord op Deveney Nel (16) is tot 18 September uitgestel.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Die minderjarige verdagte sal by ‘n kinder-en-jeugsorgsentrum, ‘n veilige sorgsentrum vir verhoorafwagtende minderjariges, in aanhouding bly.

Lees meer hier: https://nuusflits.com/moord-by-hoerskool-overberg-saak-in-hof-uitgestel/

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App