Moord op Gomez-egpaar: sesde verdagte in aanhouding

Lees ook :

Foto: Marlene Gomes - Yolandi du Plessis Photography

NOORDWES. – ‘n Sesde verdagte is in verband met die moord op Manuel (59) en Maria Gomez (57) in hegtenis gegeem, het polisiewoordvoerder, kol. Adéle Myburgh, Sondag bevestig.

Die 28-jarige man is Vrydag in Magogwe, Mahikeng in hegtenis geneem en het vandag op twee aanklagte van moord, die besit van dagga en besit van ‘n vermoedelik geroofde notaboek in die Mmabatho-landdroshof verskyn.

Die Gomez-egpaar is op 24 April 2026 tydens ‘n rooftog by ‘n kroeg in Golfview doodgeskiet. Maria is op die toneel dood aangetref, terwyl haar man, Manuel, later in ‘n hospitaal aan sy beserings beswyk het. Vyf verdagtes – Smanga Aron Saulo (37), Tebogo Vincent Kolea (31), Gofaone Ronald Sekobe (27), Gaofengwe Sekobe (21) en Clifford Sekobe (34) – het reeds Vrydag en Dinsdag in die Mmabatho-landdroshof voorgekom. Hulle saak is vir ‘n formele borgaansoek na 28 Mei uitgestel en hulle bly intussen in aanhouding.

Enigiemand met relevante inligting kan kol. Kgosi Dihemo by 082 773 0630 skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief