Brekende Nuus
Afrikaans

Moordverdagte wat tydens borg verdwyn, weer vasgetrek

Foto: SAPD
Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Nqubeko Bright Mchunu is weer Vrydag in hegtenis geneem na hy op 17 Augusuts 2022 verdwyn het nadat hy borg in die moordsaak van Tsepo Maseko (33) gekry het.

Kol. Donald Mdhluli sê die Middelburg-polisie het sedertdien na Mchunu gesoek en ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik.

Maseko, ‘n veiligheidswag aan diens, is tydens ‘n protesoptog van drie maande by Steve Tshwete-munisipalitiet doodgeskiet. Die protesgangers het na bewering eiendom beskadig en Maseko is doodgeskiet. Die polisie het met hulle ondersoek vasgestel Maseko is deur Mchunu doodgeskiet. Mchunu is in September 2022 borg van R10 000 toegestaan. Hy het steeds tot 9 Maart 2023 die hofsaak bygewoon, maar was sedertdien afwesig. Die saak het op 11 April 2023 voorgekom en ‘n lasbrief is uitgereik.

Na ‘n versoek van die polisie in Oktober 2023 om Mchunu op te spoor, is vertroulike inligting onlangs ontvang, waarna hy Vrydag in Soweto, in Gauteng, vasgetrek is.

Mchunu sal na verwagting Maandag in die Middelburg-landdroshof verskyn.