Mosambiekers oor ID’s aangehou

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die polisie hou 57 immigrante aan wat Woensdag by ‘n huis in Mngadi was om Mosambiekse-identiteitsdokumente te bekom wat daar gemaak word.

Brig. Brenda Muridili sê buiten die immigrante wat aangehou word, is daar op die toerustig sowel as die identiteitskaarte beslag gelê. Nadat inligting ontvang is, het die Katlehong-polisie saam met die departement van binnelandse sake gemobiliseer.

Beamptes van binnelandse sake werk daaraan om die immigrasiestatus van die immigrante vas te stel. Diegene wat onwettig in die land is, sal vir die oortreding van die immigrasiewet in hegtenis geneem word.

Die vervaardigers van die identiteitsdokumente het ‘n brief wat hulle beweer hulle toestemming gee om Mosambiekse burgers wat in die area woon en nie hulle geboorteland se identiteitkaarte het nie bymekaar te kry. Ondersoek na die egtheid van die brief word ingestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief