Brekende Nuus
Afrikaans

Moslem-geleerde dood by moskee aangetref

Moslem-geleerde dood by moskee aangetref
Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Moulana (42), oftewel ‘n Moslem-geleerde, is Vrydagmiddag dood in ‘n moskee in Old Main-weg in Ottawa aangetref.

Reaction Unit South Africa sê aanbidders het die middag bekommerd begin raak toe hul vir gebed opdaag en nie die moulana, wat op die moskee se perseel bly, in die hande kon kry nie.

Die aanbidders het met ‘n leer toegang tot die oorledene se woonstel, waarvan die deur gesluit was, op die eerste vloer verkry. Die deur is oopforseer, waarna die oorledene vooroor op die vloer gevind is. Hy het ‘n kopwond gehad wat erg gebloei het. Daar word geglo hy het van ‘n massiewe hartaanval gesterf.

Verskeie persone het gesê hy is die vorige aand om 22:00 laas tydens gebed opgemerk.

Die oorledene, van Delhi in Indië, het verskeie maande in ‘n jaar tyd in die moskee in Ottawa deurgebring.

Bron: Reaction Unit South Africa