‘n Airlink Jetstream 41-vliegtuig het ‘n groot voël getref toe hy op die Venetia-vliegveld in Limpopo geland het. Niemand was aan boord van die huurvlug nie.
Die voël het die vliegtuig getref pas toe die vliegtuig op die grond geland het, berig Times Live. Die voël het in die regterkantste skroef ingevlieg en die vliegtuig het skade aan sy romp en binneruim opgedoen. Die voël het ook een van die skroeflemme laat breek.
Foto’s wat op ‘n aantal lugvaartwebwerwe geplaas is, wys stukkies van die skroef wat in ‘n sitplek ingebed is en fragmente wat op die vloer van die vliegtuig gestrooi is. Die lem het ‘n gat in die romp gesteek en ‘n kajuitvenster gebreek.
FiND iT het navraag aan Airlink gerig en wag vir kommentaar.

Foto: NHS Aviation

Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: