“Ek sou gou maak en het die kinders in die kar toegesluit. Ná twee minute in die kafee was ek by die betaalpunt. Ek het gesien hoe Luandre uit die kar vir my waai – en die volgende oomblik het ’n sekerheidswag kom sê dat my kar aan die brand is. Ek het kar toe gehardloop, maar die afstandbeheer kon nie die deure oopsluit nie. My gille het ander mense laat nader kom. Ek kon die deur aan die bestuurder se kant met die sleutel oopsluit en Mianey uithaal. Van die omstanders het ’n ruit uitgeslaan om Luandre te probeer uitkry.”





