Name van Geloftedag-feesgangers vanjaar opgeteken

Lees ook :

Geloftedag vind op 16 Desember plaas Foto: FAK

PRETORIA. – Feesgangers se name gaan vanjaar vir die eerste keer opgeteken word wanneer hulle die Voortrekkermonument op Geloftedag, 16 Desember, besoek.

Dit is vanjaar die 185ste gedenkjaar van Die Groot Trek en die Gelofte. Indien mense beplan om die Voortrekkermonument te besoek, kan hulle solank hulle gesin se name op die Voortrekkermonument se webbladsy gaan registreer.

Geregistreerde name gaan in ‘n tydkapsule vervat word, wat weer tydens die 200ste gedenkjaar van Die Groot Trek oopgemaak sal word.

Geloftedag op 16 Desember vorm deel van ’n weeklange feesviering vanaf 8 tot 16 Desember.

Organiseerders verwag nagenoeg 44 000 besoekers. Hekke sal om 06:00 op 16 Desember open en die verrigtinge sal by die amfiteater plaasvind. Feesgangers sal tot 14:00 gratis toegang tot die Voortrekkermonument hê.

Bronne: FAK, VTM, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief