Navorsing bevind Homo sapiens en Neanderdallers het in dieselfde era geleef

Lees ook :

Nuwe navorsing wek lig op mens-spesies. Foto ter illustrasie: Canva

BERKELY, KALIFORNIË. – Navorsers aan die Universiteit van Kalifornië het bevind mense het vir duisende jare saam met Neanderdalmense in die noordweste van Europa bestaan.

Navorsingsartikels hieroor het onlangs in die tydskrifte Nature en Nature Ecology and Evolution verskyn.

’n Nuwe argeologiese terrein in Duitsland het onder andere beenfragmente van Homo sapiens en steentydperktoerusting wat ook aan hulle behoort het, opgelewer. Daar is vroeër geglo die toerusting het aan Neanderdalmense behoort. “Uitgrawings toon dat die oorblyfsels deel van die vroeë Homo sapiens se eerste toerusting was,” sê Elena Savala, een van die navorsers aan die universiteit.

Volgens die navorsing is daar bewyse dat Homo sapiens en Neanderdallers langs mekaar geleef het. Dit stem ooreen met DNS-bewyse dat die twee spesies saam voortgeplant het.

Die navorsing bevestig dat Homo sapiens die noordwestelike dele van Europa bereik het nog voordat Neanderdalmense uit die suidwestelike dele van Europa verdwyn het.

Bronne: Science Daily, Nature-joernaal, Nature Ecology and Evolution

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief