OEKRAÏNE. – Nege mense is oorlede na ’n Russiese hommeltuig Woensdag ’n bus met werkers in Oekraïne aangeval het. Sowat 30 mense is in die aanval beseer.
Lees ook: Rusland en Oekraïne stem in tot skietstilstand aangaande vlote
Serhiy Lysak, die streekshoof van Dnipropetrovsk, het gesê die getal mense wat in die aanval beseer is, “styg konstant”.
Die aanval het plaasgevind terwyl diplomate van die VK, Frankryk, Duitsland, die VSA en Oekraïne voorberei vir samesprekings in Londen om ’n skietstilstand te bespreek.
Bronne: BBC, Evening Standard, DW
Lees ook: Rusland en Oekraïne stem in tot skietstilstand aangaande vlote





