Luister na die stemopname in die berig.
VSA. – Die name van nege mense wat Sondag in ’n vliegtuigongeluk naby Greenacres in Palm Beach County, Florida, dood is, is bekend gemaak. Die slagoffers sluit ’n gesin met twee jong kinders, hul kinderoppasser en twee vriende in, asook die vlieënier en medevlieënier van die private Learjet 60. Die vliegtuig het neergestort en in ‘n bal vuur ontplof wat ‘n krater in die grond veroorsaak het. Die stemopname kort voor die ongeluk word intussen wyd op sosiale media gedeel.
Die families het in ’n gesamentlike verklaring bevestig dat Adam Robinson, sy vrou Helen Sharp, hul kinders Emma (4) en Charlie (2), Rachael Reed, Charmi Fehr en Anita Maria Cetina onder die slagoffers was. Cetina het na die Robinson-egpaar se kinders omgesien. Die medevlieënier, die 20-jarige Nathalia Gadelha Filgueiras, is deur haar familie geïdentifiseer, terwyl die vlieënier Jeff Gregory (55) was. Die vliegtuig was van Texas na die Bahamas onderweg toe dit in die Greenacres-gebied neergestort het.
’n Opname van die laaste gesprek tussen die bemanning en lugverkeerbeheer in Miami is intussen bekend gemaak. Die bemanning het aanvanklik oor ysaanpakking, reën en turbulensie berig, voordat ’n noodoproep gemaak is. In die opname word gehoor hoe die vliegtuig se daling teen 10 000 voet per minuut aangemeld word, waarna die tempo tot 20 000 en later 22 000 voet per minuut styg. Die bemanning sê ook dat hulle gaan neerstort. Die stem van die vroulike bemanningslid is op die opname hoorbaar, maar haar identiteit kan nie bloot op grond van die klank bevestig word nie.
Die Amerikaanse Nasionale Vervoerveiligheidsraad (NTSB) ondersoek die ongeluk. ’n Ondersoeker het gesê daar is aanduidings dat dele van die vliegtuig reeds voor die impak afgebreek het. Weerstoestande, waaronder ysaanpakking en turbulensie, word ondersoek, maar die oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie.
Anthony Robinson se gesaamentlike verklaring van die oorledenes kan hier onder gelees word:
A joint statement from the families of Adam Robinson, Helen Sharp, Emma and Charlie Robinson, Rachael Reed, Charmi Fehr and Anita Maria Cetina:
With broken hearts, our families share that Adam Robinson and Helen Sharp, their children Emma and Charlie, Rachael Reed and Charmi Fehr, and Anita Maria Cetina were among those lost aboard the flight that went down near Greenacres, Florida, on November 1.
Adam and Helen were devoted parents, and Emma, 4, and Charlie, 2, were the light of their lives. Helen and Adam were the love affair that will last forever. Their warmth, generosity and gift for making people feel welcome touched so many lives. Their loss will be felt deeply by all those who loved them and who they loved in return.
Charmi and Rachel were full of joy and adventure. They loved their people fiercely, fully and without hesitation. From the moment they met, they were all in on each other and the life they were building. They are deeply loved, and we will miss them endlessly.
Anita Maria cared for Emma and Charlie with tenderness and devotion, and she was truly part of the family. She showed us a legacy of unconditional love and devotion.
We are deeply grateful to the first responders, investigators, and the Palm Beach County community for their care, and to everyone who has reached out with love. Our hearts are also with the families of the pilots, who are grieving alongside us.
We ask for privacy as we grieve. Details about memorial services will be shared once arrangements are made.
With love,
The Robinson, Sharp, Reed, Fehr, and Cetina families

Bronne: Protothema, Euronews, CBS Miami, NBC6 -NTSB, New York Post