NIGERIË. – Die minister van buitelandse sake in Nigerië, Bianca Odumegwu-Ojukwu, het gesê daar is tans 201 Nigeriese burgers wat in Amerikaanse immigrasiekampe aangehou word, van wie 85 eerste gedeporteer gaan word.
Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela
Odumegwu-Ojukwu het gesê hulle is tans besig met onderhandelings met die VSA om seker te maak die deportasie van Nigeriese burgers word op ’n respekvolle manier gedoen. Sy het gesê die deportasie gaan emosionele en geldelike probleme veroorsaak, veral vir die families wat staatmaak op die geld wat die Nigeriese burgers in die VSA verdien het.
Odumegwu-Ojukwu het ook gesê die land wonder of die burgers tyd gegee sal word om hulle sake af te handel en of hulle net op vliegtuie gesit gaan word. Sy het gesê: “Dit sal rêrig traumaties wees, veral vir die wat nie enige misdrywe gepleeg het nie.”
Die Amerikaanse ambassadeur het gesê die deportasieproses sal afgehandel word in ooreenstemming met internasionale standaarde en het beweer dat die eerste groep mense wat deporteer word kriminele is en mense wat die VSA se immigrasiewette oortree het.
Bronne: iAfrica, Business Insider Africa, Business Day
Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela





