KWAZULU-NATAL. – Vyf verdagtes is Donderdagoggend noodlottig gewond tydens ’n skietgeveg met die polisie in die Bester-gebied, Area 10, in Inanda. Die polisie het inligting oor die verdagtes se blyplek ontvang en ’n operasie van stapel gestuur.
Luidens ’n verklaring deur polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, is die verdagtes gesoek in verband met sake van moord, poging tot moord, insluitend ’n poging tot moord op polisiebeamptes, asook huisroof. Met die polisie se aankoms het die verdagtes glo deur ’n deur op beamptes losgebrand, waarna die polisie teruggeskiet het om hulself en persone in die omgewing te beskerm.
Vier vuurwapens is op die toneel gevind. Geen polisiebeampte is tydens die voorval beseer nie.
Verdagtes in die Inanda-gebied is ook Woensdag noodlottig deur die polisie gewond.





