Nóg drie in Harare doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Nóg drie mans, onderskeidelik 29, 30 en 34 jaar oud, is gisteraand (Donderdag) in ‘n skietvoorval in die Harare- informele nedersetting in die Wes-Kaap dood. Die polisie sê hulle is op die spoor van die verdagtes.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring speurders van die provinsale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade volg leidrade op om die verdagtes te identifiseer. Die polisie is omstreeks 22:00 na die toneel in Ntlazanestraat ontbied, waar die oorledenes met veelvuldige skietwonde aangetref is. Die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie.

Traut het bevestig dat die ondersoek voortgaan. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief