GAUTENG. – Die polisie het Sondag nog twee beweerde dwelmmuile van Brasilië op OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer.
Lt.kol. Amanda van Wyk sê die twee verdagtes het net vanaf São Paulo geland toe hulle onderskep is. In die een se bagasie is 4 kg kokaïen aangetref, terwyl ‘n X-straal die kokaïenbevattende kapsules in die ander se ingewande bevestig het. Vyftien kokaïenkapsules is reeds vanuit sy liggaam vrygestel.
Die verdagtes sal op aanklagte van dwelmhandel in die Kempton Park-landdroshof verskyn.





