Nog ‘n ma gevonnis na seun se dood vir lewensversekering

Lees ook :

Foto: Radio 786

OOS-KAAP.- Shayieda Dollie (51) is vir die dood van Moegamat Thaafir Dollie (20) tot 10 jaar vir sameswering om moord te pleeg en tot 25 jaar vir sy moord, gevonnis.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê die hooggeregshof in Gqeberha het Dollie gevonnis. Dollie was glo moeg vir haar seun se dwelmverslawing en ontwrigtende gedrag. Nadat sy glo hulp van verskeie individue gevra het, is sy aangeraai om ‘n permanente oplossing vir haar probleem te kry.

Die seun se liggaam is op 28 Oktober 2024 met skietwonde aan die kop en nek aangetref.

Dollie het twee persone, genaamd “Shaun” en “Oompie” van Johannesburg vir R80 000 gehuur om ‘n moord te pleeg. Die prys is later na R380 000 verhoog. Dollie het haar seun met ‘n werksonderhoud gelok waar hy opgelaai en later vermoor is. Die motief vir die moord is ‘n versekeringspolisuitbetaling van R2 m., wat ook die koste van die twee huurmoordenaars sou dek.

Terwyl die twee huurmoordenaars nog op vrye voet is, is Dollie skuldig bevind en gevonnis.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief