Brekende Nuus
Afrikaans

Nog ‘n persoon deur haai aangeval in VSA

Nog iemand deur haai aangeval in VSA

fotokrediet: Canva
Nog iemand deur haai aangeval in VSA fotokrediet: Canva

Lees ook: Drie swemmers in haaiaanvalle in Florida beseer

FLORIDA, VSA. – ‘n Man is die naweek deur ‘n haai aangeval in Florida. Dit is die derde haaiaanval in Florida sedert die begin van Junie en hy is die vierde persoon wat beseer is.

Die man het Saterdag per ongeluk ‘n haai gevang terwyl hy besig was om vis te vang. Die haai het sy regtervoorarm gebyt en die man is na ‘n hospitaal geneem.

Nog drie haaiaanvalle het in die VSA voorgekom – twee in Hawaii en een in Kalifornië.

Bronne: The Independent, CNN, AP News

Lees ook: Bekende akteur dood in haaiaanval