KZN. – Nog ’n ramptoestand is in KwaZulu-Natal verklaar na swaar reën, oorstromings en sterk winde die provinsie in Februarie getref het.
Lees ook: Reën word vandag oor grootste deel van die land verwag
Die weer het skade van ongeveer R3.1 miljard veroorsaak en tot die dood van 22 mense gelei.
Die nasionale rampbestuurhoof, Elias Sithole, het gesê die ramptoestand laat die provinsiale departemente en munisipaliteite toe om hulle begrotings te herprioriseer om infrastruktuur reg te maak.
’n Plan is in plek gestel om die gemeenskappe wat deur die weer skade aangedoen is, te help om te herstel.
Bronne: BusinessTech, EWN, IOL
Lees ook: Reën word vandag oor grootste deel van die land verwag





