Nog ‘n ‘verkragting’ by skool steeds ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Die beweerde verkragting van ‘n meisieleerling (15) van ‘n skool in Nelspruit, op 7 November 2024, word steeds ondersoek. ‘n Onderwyser by die skool is na bewering ‘n verdagte.

Brig. Donald Mdhluli sê ondersoekers is steeds hard aan die werk aan die saak. Volgens rapportering is die meisie glo deur ‘n onderwyser verkrag en ‘n saak is nog dieselfde dag by die polisie gemaak, wat deur die GKS-eenheid in Nelspruit (Mbombela) ondersoek is. Na ‘n week van ondersoek is ‘n 24-jarige verdagte in die saak gearresteer.

Mdhluli sê die aanklaers in die saak het instruksies vir verdere ondersoek aan die ondersoekbeamptes in die saak gegee en daarom is die saak nie op die hofrol geplaas nie. Dit het tot gevolg gehad dat die verdagte hangende die ondersoek vrygelaat is. Die dossier is aan die direkteur van openbare vervolging voorgelê vir beslissing om te vervolg of nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief