Nóg verdagtes dood, altesaam 9 in 4 dae deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdere twee verdagtes is vanoggend in Inanda doodgeskiet. Oor die bestek van vier dae is altesaam nege verdagtes in die provinsie doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê: “Nog twee verdagtes het ook vanoggend tweede beste daarvan afgekom toe hulle hul skietvaardighede teen die polisie getoets het.”

Die oorledenes, glo lede van die berugte West Gang, word vir ten minste vier moordsake gesoek. Hulle is in die huis in die Angola-area van Amaoti vasgekeer is en ‘n skietery het ontstaan.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi het ‘n streng waarskuwing aan misdadigers wat na polisielede skiet, gerig.

“Die polisie sal nie terugdeins nie, maar die gesag van die staat gebruik om te verseker dat die lewens van polisiebeamptes bewaar word. Polisielede sal ook verseker dat die inwoners van KwaZulu-Natal teen geharde misdadigers beskerm word wat nie skroom om bloed te verspil nie.”

Netshiunda sê die nege verdagtes wat in verskillende areas oor vier dae doodgeskiet is, was vir onder meer beweerde moord en gewapende rooftogte gesoek.

“Die polisie het ‘n mandaat om ondersoek in te stel en oortreders voor die hof te bring. Indien misdadigers met wetstoepassers saamwerk, sal geen skietgevegte plaasvind nie. In die afgelope drie maande het ons meer as 35 000 verdagtes gearresteer wat nie met die polisie baklei het nie. Hulle sal deur die regstelsel geneem word soos ons wette dit bepaal, maar daardie verdagtes wat die lewens van polisiebeamptes en inwoners in gevaar stel deur weerstand teen arrestasie te bied, laat die polisie geen ander keuse nie as om uit selfverdediging terug te skiet en die gevaar te neutraliseer nie”

Netshiunda sê die generaal het gesê dit is verblydend dat geen polisielid tydens een van die skietvoorvalle beseer is nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief