Nooddienste waarsku kinders teen die ‘rook’ van brandblussers

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname City of Joburg Facebook-blad

GAUTENG. – Die Stad Johannesburg se nooddienste waarsku teen die rook of opsetlike inaseming van brandblusserinhoud en sê dat dit ernstige gesondheidsprobleme kan veroorsaak, insluitend asemhalingsprobleme, stuiptrekkings en selfs die risiko van dood. ‘n Video-opname is op die nooddiens se Facebook-blad gedeel wat wys hoe jong mense ‘n brandblusser oopdraai en die inhoud “rook”.

Die Stad Johannesburg EMS sê in ‘n sosialemediaplasing brandblussers is veiligheidsapparaat en is nie bedoel vir menslike gebruik of inaseming nie. Ouers word aangeraai om hul kinders oor die gevare van die inaseming van brandblusserinhoud in te lig. Skole word aangemoedig om die Openbare Opvoedingseenheid van Johannesburg-nooddienste uit te nooi om brandveiligheidsprogramme aan te bied as deel van Lewens- en brandveiligheids-onderrig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief