Nota Baloyi verloor VSA-visum ná sosialemediaplasing oor Charlie Kirk

Lees ook :

Nota Baloyi verloor VSA-visum ná sosiale media plasing oor Charlie Kirk fotokrediet: X

Die Suid-Afrikaanse mediapersoonlikhied Nhlamulo “Nota” Baloyi het sy VSA-visum verloor nadat hy sosialemediaplasings oor Charlie Kirk gemaak het.

Lees ook: VSA wil buitelanders deporteer wat moord op Charlie Kirk vier

Baloyi se visum is gekanselleer nadat die Amerikaanse staatsdepartement ‘n plasing van hom waarin hy gesê het hulle is “seergemaak dat die rassistiese byeenkoms in ‘n poging tot martelaarstatus geëindig het” en dat Kirk “gebruik is om ‘n beweging van wit nasionaliste trailer trash te begin” vir aandag uitgewys het (flag).

Die plasing wat Kirk se ondersteuners “Neanderthalers” genoem het, is intussen verwyder. Baloyi het ‘n verskoning uitgereik waarin hy gesê het sy plasing was “onsensitief” maar hy het ontken dat hy die voorval ligtelik afgemaak het. Hy het ook gesê hy is konserwatief en is ‘n “ondersteuner van president Trump”.

Die Amerikaanse regering het gehou by die besluit en het gesê dit het “geen verpligting om buitelanders in die land te hê wat Amerikaners dood wens nie”.

Altesaam ses mense het hulle visums verloor nadat hulle die moord op Kirk “gevier” het. Die buitelanders is afkomstig van Argentinië, Mexico, Brasilië, Duitsland en Paraguay.

Bronne: IOL, SA People, Briefly

Lees ook: VSA wil buitelanders deporteer wat moord op Charlie Kirk vier

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief