PLETTENBERGBAAI. – Hoër as normale getye is by die Robberg-strande op Plettenbergbaai in die Suid-Kaap deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) aangemeld.
Die NSRI het die publiek gemaan om versigtig te wees aangesien toestande langs dié strande tans gevaarlik is. Volgens die organisasie is die huidige nuwemaan-getye vir die gevaarlike toestande verantwoordelik.
Die organisasie sê verder dat groot dele van die strand ná die onlangse oorstromings in die gebied ernstig geërodeer is. Die NSRI waarsku ook dat sandwalle onstabiel is en versoek strandgangers om getye noukeurig te monitor.
Bron: SABC Nuus





