Lees ook: Hierdie handelsmerke grondboontjiebotter is herroep
Die metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika (Numsa) het gedreig met ‘n nasionale staking na vergoedingsonderhandelinge met passasiersbuswerkgewers tot ‘n stilstand gekom het.
Die vakbond het in Desember gevra vir mediesefondsdekking, ‘n 10% verhoging en ‘n groter toelaag vir busdrywers wat saam met ander drywers moet langafstand ry.
Volgens Numsa se sekretaris het die vakbond en die werkgewer van die passassiersbussektor vanaf 5 tot 9 Februarie ‘n gesprek oor verhogings gehad. Hulle het gesê die werkgewers het slegs ‘n voorwaardelike 4% verhoging aangebied en het gesê hulle moet die ander eise laat vaar.
Numsa het reageer dat die werkgewers ‘n beter aanbod moet maak in vandag se vergadering of daar sal ‘n nasionale staking wees.
Bronne: BusinessTech, IOL, Engineering News
Lees ook: Hierdie handelsmerke grondboontjiebotter is herroep





